Danie se Jesus-kamers

Gesels met Danie:

Epos: jesuskamers@webplaas.co.za

Tel: 0732350889

Christinastraat 11b, Kameeldrift-wes

Die ontstaan van Danie se Jesus kamers was toe ek mense in Steve Biko Hospitaal besoek het wat van ander dorpe af kom. Dorpe soos Rustenburg, Klerksdorp, Vryheid in Natal, Middelburg, Ogies, Nylstroom ens, met geliefdes wat dus nie elke dag kan besoek nie agv afstand of finansies .

Dan slaap van die vrouens oor in die parkeer areas in die nagte wat baie gevaarlik is

Ek begin toe te bid en vir ons Vader te vra vir slaapplek vir die mense. Dat ek sal kan voorsien.

Ek wil nie geld maak uit dit uit nie, en vra dus net donasies. Ja ek het onkostes soos pre-paid krag, skoon maak ens. Maar ek doen dit as n liefdes daad.

Nou in my huis, 5 slaapkamer huis, het ek 2 kamers oop , gemeubileerd en met linne ens

Ek is so 25 km van die stad af, op 'n plaas. in 'n plaashuis

Hier is n private bad en stort en toilet geriewe. My hoofslaapkamer is toegerus met sy eie geriewe, sodat ek nie inmeng met jou privaatheid nie.

Ek beskik ook oor 'n 'n bidkamer en bedienings-lokaal.

Pasiente met families, vrou of man of kinders, kan dan by my oor bly.

Kamers en koffie en tee is verniet, ek vra slegs donasies vir algemene uit gawes ens maar die gaste moet voorsiening maak vir hul eie etes.

Klik hier om saam te luister na 'n radio-onderhoud met Danie

Gesels gerus met my by die kontakbesonderhede bo-aan die werf, en maak seker jy kry die geleentheid om om jou gees te kom hernu in die rustige atmosfeer van my Jesus-kamers.

Sou jy gelei word om 'n gewaardeerde bydrae te maak tot hierdie projek, maak gerus gebruik van die volgende bankbesonderhede:
D.J. Joubert
Capitec Bank tak 470010
Spaarekening nommer: 1330560203


'n Voorsmakie van die rustige huis waarin jy dalk kan gaan rus.

Jesus Kamers, Josua bedieninge